Month: September 2017

Laat Ons Die Wedloop Voltooi

Tydens die Rio Olimpiese Spele in 2016, het twee atlete in die 5 000m-wedloop die wêreld se aandag vasgevang. Na 3,200 meter van die wedloop het Nieu-Seelander, Nikki Hamblin, en Amerikaanse Abbey D’Agostino teen mekaar vasgehardloop. Abbey was vinnig op haar voete, maar sy het gestop om Nikki te help. Oomblikke nadat die twee atlete weer begin hardloop het, het…

Die Beste Porsie Van Alles

“Sy stukkie is groter as myne!”

Toe ek ’n seuntjie was, het ek en my broers soms gekibbel oor die grootte van die stuk tuisgemaakte pastei wat Ma vir ons gegee het. Op ’n dag het Pa ons manewales met ’n opgetrekte wenkbrou waargeneem en vir Ma geglimlag terwyl hy sy bord hou: “Gee vir my ’n stukkie so groot soos…

Kyk Na Die Dirigent

Die wêreldbekende violis, Joshua Bell, het ’n ongewone manier om die Academy of St Martin in the Fields, ’n kamerorkes met vier-en-veertig lede, te lei. In plaas van om met ’n maatstok te dirigeer, dirigeer hy terwyl hy op sy Stradivarius saam die ander violiste speel. Joshua Bell het aan Colorado Public Radio vertel: “Selfs terwyl ek speel, gee ek…

Verwyder Die Hindernisse

Ek het Maria elke Dinsdag gesien wanneer ek “die Huis” – ’n tehuis wat voormalige gevangenes help om weer hul plek in die samelewing in te neem – besoek het. My lewe was anders as hare: pas bevry uit die tronk het sy verslawing beveg en is sy van haar seun geskei. Jy kan sê sy het op die rand van…

Woede Beheer

Terwyl ek saam met ’n vriendin ’n maal genuttig het, het sy vertel hoe keelvol sy vir ’n sekere familielid was. Maar sy was huiwerig om met hom te praat oor sy irriterende gewoonte om haar óf te ignoreer óf te bespot. Toe sy hom wel oor die probleem probeer konfronteer, het hy haar met sarkastiese aanmerkings geantwoord. Sy het in…

Wat Is Jou Pa Se Naam?

Toe ek ’n selfoon in die Midde-Ooste gekoop het, is ek die tipiese vrae gevra, naamlik: Naam? Nasionaliteit? Adres? Maar toe vra die klerk: “Wat is jou vader se naam?” Dié vraag het my verras en ek het gewonder waarom dit belangrik was. In ons Westerse  kultuur is ons pa’s se name nie belangrik nie, maar hier was dit nodig…

Ons Het ’n Koning!

Na kwetsende woorde aan my man toe ’n situasie nie na my sin verloop het nie, het ek die Heilige Gees se gesag afgejak toe Hy my herinner het aan Bybelverse wat my sondige gesindhede blootlê. Was die vertroeteling van my hardkoppige trots en die skade aan my huwelik of my ongehoorsaamheid aan God die moeite werd? Absoluut nie. Teen…

Vertoef ’n Wyle

Tydens ’n bespreking van die rolprenttrilogie: The Lord of the Rings, het ’n tiener gesê hy verkies sy stories eerder in boeke as in rolprente. Toe hy daaroor uitgevra is, antwoord die jong man: “Met ’n boek kan ek daar bly so lank as wat ek wil.” Daar is iets te sê omtrent die krag om in ’n boek te…

Neem Die Eerste Stap

Tham Dashu het gevoel iets ontbreek in sy lewe. Hy het begin kerk toe gaan – na dieselfde kerk wat sy dogter bygewoon het. Maar nooit saam nie. Vroeër het hy haar te na gekom en dit  het ’n wig tussen hulle ingedryf. Tham het inglip sodra die lofprysing begin, en het ná die diens die kerk dadelik verlaat.

Gemeentelede…

Briewe Skryf

My ma en haar susters is by ’n toenemend bedreigde kunsvorm betrokke, naamlik om briewe te skryf. Elke week skryf hulle met so ’n konsekwentheid persoonlike woorde aan mekaar dat een posbode bekommerd word as hy nie iets het om af te lewer nie! Hul briewe is vol vreugdes asook die hartseer van geliefdes.

Ek is lief om oor die gebruik van…